Antoon van Dyck | |
---|---|
Selfportret met 'n Sonneblom (ná 1633) | |
Gebore | Antoon van Dyck 22 Maart 1599 Antwerpen, Spaande Nederlande |
Sterf | 9 Desember 1641 (op 42) Londen |
Nasionaliteit | Vlaams |
Beroep | Skilder |
Antoon van Dyck (Nederlandse fonetiese uitspraak: vɑn ˈdɛik, verskeie spellings;[1] 22 Maart 1599 – 9 Desember 1641)[2] was 'n Vlaamse Barokkunstenaar. Hy het die vernaamste hofskilder in Engeland geword, na sukses in die destydse Suid-Nederland en Italië.
Hy was die sewende kind van Frans van Dyck, 'n welgestelde Antwerpense syhandelaar. Antoon het van 'n jong ouderdom begin skilder. In sy laat tienerjare was hy suksesvol as 'n onafhanklike skilder. Hy het later in 1618 'n "meester" geword in die Gilde van Sint Lukas. Teen hierdie tydstip was hy werksaam in die ateljee van die voorste noordelike skilder, Rubens. Rubens het 'n groot onvloed op hom uitgeoefen. In 1621 het van Dyck vir 'n paar maande in Londen gewerk, waarna hy vlugtig teruggekeer het na Vlaandere, voordat hy na Italië gereis het waar hy tot 1627 gewoon het, meestal in Genua. In die laat 1620's het hy sy bewonderenswaardige Ikonografie-reeks van portret etse, meestal van ander kunstenaars, voltooi. Hy het vyf jaar in Vlaandere spandeer na sy terugkeer van Italië, en was vanaf 1630 hofskilder vir Aartshertogin Isabella Clara Eugenia, die Habsburgse Goewerneur van Vlaandere. In 1632 keer hy terug na Londen op aandrang van Karel I om die pos van hoof hofskilder op te neem.
Met die uitsondering van Hans Holbein die Jongere was van Dyck en sy tydgenoot Velazques die eerste talentvolle skilders om hoofsaaklik aan portrette vir die Europese vorste te werk, wat die genre handomkeer verander het. Hy is veral bekend vir sy portrette van die aristokrasie, waarvan die noemenswaardigste dié van Karel I en sy familie is. Van Dyck het vir die volgende 150 jaar 'n prominente invloed uitgeoefen op die Engelse skilderskool. Hy het ook mitologiese en Bybelse onderwerpe geskilder, insluitende altaarstukke, en was 'n belangrike innoveerder op die gebied van waterkleurskilderye en etswerk. Sy manjifieke kwashale, wat klaarblyklik ietwat vinnige aangebring is, kan gewoonlik onderskei word van die groot areas wat geskilder is deur sy assistente. Sy portretstyl het aansienlik verskil van land to land, maar het volwassenheid bereik in die ontspanne elegansie van sy laaste Engelse periode. Hy is begrawe in St Paul's Cathedral, wat 'n aanduiding is van sy faam ten tyde van sy afsterwe.